This option will reset the home page of this site. Restoring any closed widgets or categories.

Reset

My School

MySchool

Ondersteun jou gunsteling skool of liefdadigheidsorganisasie sonder dat dit jou ‘n sent kos

Wat is MySchool MyVillage MyPlanet?

MySchool MyVillage MyPlanet is Suid-Afrika se grootste gemeenskapsondersteuningsprogram wat fondse insamel vir skole en liefdadigheid om sodoende opvoedkundige en maatskaplike ontwikkeling te verbeter. MySchool laat enigeen toe om fondse in te samel vir hulle gunsteling skool of liefdadigheidsorganisasie. Dit is regtig so maklik!

Doen vandag aansoek vir ‘n MySchool MyVillage MyPlanet-kaart. Dit is gratis vir jou. Gee jou kaart by kleinhandelaars regoor die land elke keer as jy koop. Die winkel skenk dan namens jou ‘n persentasie van jou transaksie aan jou gekose begunstigde.

Hoe werk MySchool MyVillage MyPlanet?

  1. 1. Kry ‘n gratis kaart d aanlynof skakel 0860 100 445. Jy kan ook by enige Woolworths-winkel ‘n kaart kry.
    2. Nomineer jou skool of liefdadigheidsorganisasie as die begunstigde.
    3. Gee jou kaart wanneer jy aankope doen by enige van die deelnemende vennote (hierdie sluit in: Woolworths, Engen Quickshops,   Toys R Us, Waltons, Reggie’s, kalahari.com, Power24 en meer).
    4. Die vennoot sal ‘n persentasie van jou transaksie aan jou begunstigde skenk!

Die voordele van ‘n MySchool-kaart:

  1. Samel fondse in sonder dat dit jou ‘n sent kos!
  2. Ontvang eksklusiewe afslag van sekere vennote, soos byvoorbeeld WRewards by Woolworths & Spesiale aanbiedinge van vennote. Jy kan die jongste spesiale aanbiedinge vir kaarthouers hier kry.
  3. Ontvang ‘n maandelikse staat via e-pos met jou transaksies en die bedrag wat ingesamel is vir jou begunstigde.
  4. Jy kan jou kaart by meer as 1500 verskillende winkels gebruik. Kry die besigheidsvennote in jou omgewing hier.

Kontak MySchool MyVillage MyPlanet:

Webwerf: www.myschool.co.za
E-pos Kliëntedienste: cs@myschool.co.za
Telefoon: 0860 100 445
Faks: 0866 822 833

Apply Now for MySchool Card

Doen aansoek vir jou MySchool MyVillage MyPlanet-kaart
Dis gratis! Kry die kaart en begin om ‘n verskil te maak. Of skakel 0860 100 445 om aansoek te doen

Vind plaaslike vennote in jou area
Koop by deelnemende vennote om sodoende fondse bymekaar te maak vir jou begunstigde

Elke Transaksie Tel!

...